Laas jaar 1 September het ons begin met ‘n 6 weke challenge. Heel onfiks, oorgewig met skete en kwale. Na die eerste een het nog ‘n 6weke challenge gedoen en van daar is ons 3keer ‘n week elke week by IP Fitness.
In die laaste jaar het Kobus ‘n groot transformasie ondergaan. Van oorgewig, geweldige stress en lae rugpyn het hy 18kg verloor, hy hanteer stress beter. Lae rugpyn is weg en hy lyk ongelooflik goed.
Vir my het die wereld verander. Voor IP het ek gesukkel met ‘n erg asma bors, baie oorgewig, kroniese lae rug pyn agv 2 rugkussingkies wat gedisintegreer het, ‘n gebreekte regter bo arm in 2007 (plaat en 7 skroewe) maar het nooit rehab gedoen. My arm was baie swak en ek kon glad nie push ups doen of enige gewig op my arm sit nie. In die jaar het ek 15kg verloor. My lae rug pyn is weg, my suiker het gestabiliseer, my arm is sterker en my asma is so te se iets van die verlede.
IP Fitness is deel van ons normaal. Die atmosfeer, die oefening, die omgee. Saam suffer, resultate sien en jouself verbeter.
Dankie Bianca en Stephan dat julle altyd daar is en ons help om die beste weergawe van onsself te wees.
If you let it, This place will change you!